Die slag van Bloedrivier 1838

Ons Hemelse Vader…

Eerstens wil ek se dankie vir al die seeninge wat ons daagliks van U ontvang. Here U goedheid is so groot dat ons klomp ertjiebrein Afrikaners wat mekaar so in die rugsteek dit nooit sal verstaan nie.

Ons het n Gelofte aan U gemaak om elke 16 Desember bymekaar te kom en U naam te verhewe maar soos ek met almal wat ek ken vandag praat kan ek hoor dat U baie lelleurgesteld moet wees want n klein handjie vol van ons hou nog die gelofte gestand.

Winkels is oop, mense is besig om aan die vakansie te kom en die res het skoon vergeet van alles. Vergeet om hulle kinders te leer hoe dit gebeur her dat ons vandag in hierdie mooi land kan bly. Vergeet om te onthou van al die bloedvergieting tussen Boer en Zoeloe. Vergeet dat sonder U ons nooit eers so ver op in Suiderlike Afrika sou kon wees nie.

Here, U genade is al wat ons in hierdie land het. Ons Afrikaners het mekaar verloor en ons boerevrees vir hul lewens elke dag op hul plase. Ons loop mekaar in die strate verby sonder om te groet. Hoogmoed ego is al wat tel in ons jong nasie en san is daar ook daai ander aaklige waarheid genaamd rasse diskriminasie wat almal blameer vir ons slapgat geaardheid.

Here, net U kan ons red van die lot waarheen ons oppad is! Net U kan ons weer laat saamstaan en omgee vir mekaar. Here wit en swart en kleurling in ons land wat U volg en die wat ons nog moet vertel van U verdien n goeie lewe in n veilige land waar U naam seevier. U bonatuurlike dade en U liefde vir die mensdom het ons al soveel keer uit ons eie “Bloedrivier” gered. Dankie Here vir ekke stukkie liefde en dankie vir die wat vir ons omgee.

Vader, lei ons almal om saam iets finominaal te doen vir die mense in Suid Afrika. U verdien al die eers. Ons is niks sonder U here. Ons belei ons swakheid en sondige lewens aan U vandag en vra asseblief u genade nog een maal…

Vergewe ons Here. Maak ons harte skoon sodat ons weer die pad kan sien en op hom wandel soos U van ons verwag.

Seen Suid Afrika asseblief weer my God…

Ek vra dit in ons geloof aan die drie enige Vader, Seun en Heilige Gees. Seen ons mense Here en laat U wil geskied.

AMEN

Deur: Jay J Botes (in gebroke maar ooregte harts Afrikaans)